Header

Takinspekteur

Die Kooperasie, met sy hoofkantoor te Humansdorp, is gelee digby gesogte strandoorde soos Jeffreysbaai en St Francisbaai en slegs 100km vanaf Port Elizabeth. Ons bedieningsgebied sluit onder andere die Visriviervallei, Tsitsikamma en Langkloofareas in, wat as die mekka van melkproduksie beskou word, asook sitrusvrugte en varsprodukte boerderybedrywighede in die Gamtoosriviervallei en Sondagsriviervallei.
Takinspekteur
Humansdorp (Hoofkantoor)
Die Takinspekteur sal verseker dat die Finansiele en Administratiewe beleide van die Kooperasie korrek toegepas word en staande werksprosedures gestandaardiseer, gedokumenteer en instand gehou word. Die Takinspekteur sal ook toesien dat beleide en prosedures/administratiewe takprosesse binne alle bestaande en nuwe handelstakke, bedryfstakke en ondersteunende funksies ingestel en gekontroleer word. Die posbekleer rapporteer direk aan die Finansiele Bestuurder.
Vereistes:
  • Graad 12 met Rekeningkunde as vak
  • Voltooide tersiere kwalifikasie in Rekeningkundige en/of Ouditkunde velde met genoegsame en relevante ondervinding (minimum van 1-2 jaar) in 'n soortgelyke pos OF
  • Tans besig met tersiere kwalifikasie in Rekeningkundige en/of Ouditkunde velde met 'n minimum van 5 jaar toepaslike ondervinding
  • Kennis van rekeningkundige en administratiewe stelsels
  • Goeie kennis en ervaring van administratiewe takinspeksies en die identifisering van leemtes of afwykings in staande werksprosedures sal in die guns van die aansoeker tel
  • Rekenaargeletterdheid - verkieslik op intermediere vlak
  • Ervaring in die uitvoering van forensiese ondersoeke sal in die guns van die aansoeker tel
  • Opleiding - en fasiliteringsvaardighede
  • Verslagdoening/korrespondensie/opstel van handleidings (prosesse en stelsels)
  • Kennis en ervaring van gerekenariseerde besigheidstelsels
  • Akkuraatheid
  • Leierskapsvaardighede
  • Sterk oordeelsvermoe
  • Analitiese vermoe en ondersoekend optree
  • Uitstekende kommunikasievaardighede
  • Aandag aan detail
  • Tydsbestuur
  • Organisasievermoe en beplanning
  • Konflikbestuur en probleemoplossingsvaardighede
  • Funksioneer goed onder druk
  • Spanspeler.
Sleutelprestasie-areas:
  • Interpreteer beleidsdokumente en die standaardisering van staande werksprosedures korrek ten einde konstante resultate te verseker
  • Uitvoer van gereelde takinspeksies/kontroleer administratiewe takprosesse om deurlopende toepassing van beleid en prosedures deur bestuur te verseker
  • Verskaf kwaliteitorientering aan alle nuwe en bestaande werknemers ten einde eenvormige werkswyse en
    praktyke te vestig
  • Hanteer alle beleid - en prosedurenavrae en maak voorstelle vir die hersiening van die beleid-en prosedures
  • Verseker gereelde terugvoering aan die Finansiele Bestuurder
  • Uitvoer van forensiese ondersoeke op versoek van die Finansiele Bestuurder.
Kandidate wat aan die vereistes voldoen word aangemoedig om aansoek te doen deur 'n volledige CV en dekbrief, asook afskrifte van kwalifikasies te stuur aan die Menslike Hulpbronne Bestuurder, Posbus 27, Humansdorp 6300 of e-pos of faks: 086 718 2813/tel. (042) 295-1082.
Sluitingsdatum: Maandag, 14 Oktober 2013 om 12:00
Indien u nie voor 31 Oktober 2013 gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.