Header

Verkoopsverteenwoordiger

SAAM WERK ONS VIR DIE TOEKOMS
PANNAR SAAD (EDMS) BPK, 'n maatskappy met sy oorsprong diep gesetel in die landbou, is 'n leier in die saadindustrie en bekroon in sy veld. Ons lankbestaande sukses, beide plaaslik en internasionaal, beteken ons is nie net 'n voorkeurverskaffer nie, maar ook 'n voorkeurwerkgewer. Ons bied nou hierdie uitsoek-geleentheid:
Verkoopsverteenwoordiger
Hoopstad
Ons is wereldwyd bekend vir ons kwaliteit en dis juis hoekom ons op soek is na 'n entoesiastiese, selfgedrewe verkoopspersoon, met die motivering om onafhanklik te kan werk. Jy sal verantwoordelik wees om, met die ondersteuning van ons tegniese personeel, produkte in die area te promoveer en om ons markaandeel te laat groei. 'n Toepaslike graad en/of diploma in Landbou en verkoopsondervinding en agronomiese opleiding sou ideaal wees.
Ons bied aangename werksomstandighede en 'n mededingende salarispakket.
Rig skriftelike aansoeke, vergesel van 'n volledige CV, vertroulik aan die Bestuurder: Menslike Hulpbronne, Pannar Saad (Edms) Beperk, Posbus19, Greytown, 3250. Meld "Aansoek om Betrekking" in die onderwerplyn as jy per e-pos aansoek doen.
Faks: (033) 413-9682 of 086 604 0823.
E-pos: hr@pannar.co.za
www.pannar.com