Header

Munisipale Bestuurder

Matzikama Munisipaliteit strewe daarna om ’n effektiewe, bekostigbare en kwaliteitdiens aan die gemeenskap te lewer deur volhoubare ontwikkeling, gemeenskapsbetrokkenheid en strategiese bestuur binne ’n veilige en gesonde omgewing. Die Munisipaliteit, met sy hoofkantoor te Vredendal in die Olifantsriviervallei, is ongeveer 3 ure vanaf Kaapstad geleë.

Indien u aan die minimum vereistes voldoen, oor die nodige integriteit, vaardighede en ’n uitstekende loopbaanrekord beskik, word u uitgenooi om aansoek te doen vir die volgende vakature:


Munisipale Bestuurder

(5-jaar prestasiegebaseerde kontrak)


As Munisipale Bestuurder sal u oorhoofs verantwoordelik wees vir die bestuur van die Munisipaliteit ten einde ekonomiese groei en ontwikkeling te fasiliteer, armoede te verlig, ’n doeltreffende en effektiewe diens te lewer, en die langtermynvolhoubaarheid van die Munisipaliteit te verseker binne die vereistes van toepaslike wetgewing.

Minimum vereistes:

  • Minimum NKR 6-kwalifikasie sowel as kennis van die statutêre vereistes gestel aan die pos en die vermoë om teen 31 Desember 2012 daaraan te voldoen
  • Minimum van 5 jaar toepaslike ervaring op senior bestuursvlak
  • Bewese leierskapprestasie binne ’n plaaslike regeringsomgewing
  • Grondige kennis van plaaslike regering, munisipale finansies, GOP en ander toepaslike wetgewing
  • Vermoë om openbare/politieke netwerke te bestuur en effektiewe verhoudings met belanghebbendes oor ’n breë spektrum te bou.

Besoldiging: ’n Allesinsluitende, onderhandelbare salarispakket onderworpe aan die ondertekening van ’n prestasie-ooreenkoms word aangebied

Daar sal van aansoekers verwag word om ‘n onderhoud- en evalueringsproses (oor twee dae) te deurloop. Kandidate wat vir keuring genooi word, is self verantwoordelik vir reis- en verblyfkoste. Aansoekers moet toestemming verleen dat kontrolering van kwalifikasies, krediet- en kriminele rekords gedoen kan word.

Om aansoek te doen, stuur asseblief ’n dekbrief, tesame met ’n CV (nie langer as 5 bladsye nie) wat u tersaaklike prestasies uitlig, asook besonderhede van ten minste 3 onlangse kontakbare verwysings, ’n Gewaarmerkte afskrif van slegs u hoogste kwalifikasie moet u aansoek vergesel. Geen afskrifte van ander kwalifikasies moet op hierdie stadium ingesluit word nie.

Vir nadere besonderhede, skakel Dr Hugo by (021) 913-1664 of 083 462 0194.


Die sluitingsdatum vir aansoeke is 23 November 2011 om 16:00.


Indien ’n aansoeker binne 2 maande na die sluitingsdatum nog geen terugvoering ontvang het nie, moet aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.