Header

Landbou-ekonoom

VKB Landbou Beperk is ’n dinamiese landboumaatskappy in die hoë potensiaal landbougebied van die Noordoos-Vrystaat. Die organisasie is ’n stabiele onderneming met ’n professionele bestuursbenadering, wat streef na ’n gesonde en moderne onderneming wat landbou in die streek ondersteun. Andersyds bied ons ook aan u die geleentheid om uself binne ‘n landelike omgewing te vestig met hulpbronne eie aan hierdie omgewing.


Landbou-ekonoom

Vrede


Posfunksies:
• Verskaffing van finansiële bestuurskundige en landbou-ekonomiese voorligting aan lede • Deelname aan landbou-ekonomiese ondersoeke • Instandhouding van gerekenariseerde finansiële rekordstelsels op ‘n burobasis.


Posvereistes:
• Ten minste ‘n 3-jaar graadkursus in Landbou-ekonomie of Landboubestuur • Vorige ervaring sal as aanbeveling dien.


Hierdie pos bied ‘n uitdaging aan die persoon wat sy/haar beroep in ’n professionele omgewing op die platteland wil beoefen.


Vergoedingspakkette wat pas by die profiel en die verantwoordelikheid van die pos word aangebied.


Sluitingsdatum:
21 November 2011.


Indien u binne 1 maand na die sluiting van die advertensie geen korrespondensie ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.