Header

Diesel- of Trekkertegnici

Mascor is ’n groep franchisemotor- en landboutoerustingagentskappe. Met meer as 40 jaar ondervinding in die bedryf, bied ons die mees professionele en hoëgehalte diens, standaarde en vakmanskap.

Aansoeke word uitgenooi vir die volgende posisies:

Diesel- of Trekkertegnici

Weens die groei van ons besigheid, benodig ons die dienste van addisionele hoogs gemotiveerde, gekwalifiseerde Diesel- of Trekkertegnici. Ons bied vergoeding en erkenning gesteun deur geleentheid vir soliede toekomstige groei. Ten einde aansoek te doen, word ‘n bewese prestasierekord, opspoorbare verwysings en rekenaarvaardigheid benodig. John Deere trekkerondervinding sal ‘n voordeel wees.

Pakket sluit ruim markverwante vergoeding en opleiding in.

Hierdie is jou kans om by ‘n progressiewe maatskappy aan te sluit wat waarde heg aan uitstekende diens.

Posisies is beskikbaar in die volgende Mascor takke: Greytown, Dalton, Vryheid, Winterton, Pietermaritzburg en Empangeni.

Aansoeke moet aan martin.griffiths@mascor.co.za of 086 607 2249 gerig word met vermelding van die postitel en voorkeurtak in die onderwerpreël.

Sluitingsdatum: 4 Junie 2012

Aansoekers waarmee daar nog nie teen 30 Junie 2012 in verbinding getree is nie, kan aanvaar dat hulle aansoeke onsuksesvol was.