Header

Werkswinkelbestuurder Wesmeg te Wolmaransstad

Suidwes, ‘n vooruitstrewende maatskappy met sy hoofkantoor te Leeudoringstad in die Noordwes, wat vir meer as 100 jaar landbouverwante produkte en dienste aan sy landbouerklante in Noordwes-, Vrystaat- en Noord-Kaapprovinsie lewer, beskik oor die volgende vakatures:

Werkswinkelbestuurder Wesmeg te Wolmaransstad


Die suksesvolle kandidaat se verantwoordelikhede sluit in:
• Beheer uitoefening en behartiging van administratiewe huishouding van die Werkswinkel
• Motivering en hulpverlening aan ondergeskiktes
• Skakeling met produsente en ander klante in die opbou van professionele verhoudings ten einde
winsgewendheid te verseker en om die besigheid van eerste keuse te wees
• Benewens bogenoemde bestuurstake, is die posbekleër ook verantwoordelik vir ‘n gedeelte van die praktiese
werk wat op die vloer gedoen word.


Vereistes:
• Voltooide vakleerlingskap in Trekkerwerktuigkunde
• 5 jaar toepaslike ondervinding as gekwalifiseerde werktuigkundige van New Holland, Fiat, John Deere en
Massey Ferguson, en ‘n goeie kennis van algemene plaaswerktuie soos balers en stropers
• Moet in staat wees om spesiale gereedskap te hanteer
• Goed onderlê wees in die bestuursvaardighede wat so ‘n pos vereis.


Skakel Boy du Preez by (018) 581-1000 vir meer besonderhede.

Skakel Mario Wolvaardt by (018) 581-1272 vir meer besonderhede.

Suidwes is verbind tot diensbillikheid

Sluitingsdatum: 12 Junie 2012

Doen skriftelik aansoek deur middel van ‘n CV wat gewaarmerkte afskrifte van u kwalifisasies en ID dokument insluit (faksnommer: (018) 581-1510 of e-pos na elrinavh@suidwes.co.za). Dui asb duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.