Header

Produkbestuurder: Meganisasie te Hoofkantoor, Leeudoringstad

Suidwes, ‘n vooruitstrewende maatskappy met sy hoofkantoor te Leeudoringstad in die Noordwes, wat vir meer as 100 jaar landbouverwante produkte en dienste aan sy landbouerklante in Noordwes-, Vrystaat- en Noord-Kaapprovinsie lewer, beskik oor die volgende vakatures:

Produkbestuurder: Meganisasie te Hoofkantoor, Leeudoringstad

Die suksesvolle kandidaat se verantwoordelikhede sluit in:
• Bestuur en verkryging van onderdele met behulp van die opspoor van geskikte verskaffers
• Onderhandeling van prys en aankoopvoorwaardes
• Bekendstelling van nuwe produkte
• Bestuur van ondergeskiktes en meegaande administrasie
• Ontleding en interpretasie van verslae
• Bevordering en ondersteuning van die winsgewendheid van die Meganisasie-afdeling
• Bevordering van die Meganisasie-afdeling se vermoë om in ‘n hoogs-mededingende omgewing te kompeteer.

Vereistes:
• Diploma in Aankoop- of Besigheidsbestuur
• Nodige onderhandelingsvaardighede en aankopersondervinding
• Taalvaardigheid in Afrikaans en Engels
• Rekenaarvaardigheid
• Ondervinding in die invoer van meganisasieprodukte sal tot die kandidaat se voordeel strek
• Bewese goeie klanteverhoudinge, asook goeie kommunikasievermoë
• Tegniese kundigheid sluit in, maar is nie beperk nie, tot produkreekse soos onderdele, heelgoedere, implemente, ensovoorts.

Skakel Mario Wolvaardt by (018) 581-1272 vir meer besonderhede.

Suidwes is verbind tot diensbillikheid

Sluitingsdatum: 12 Junie 2012

Doen skriftelik aansoek deur middel van ‘n CV wat gewaarmerkte afskrifte van u kwalifisasies en ID dokument insluit (faksnommer: (018) 581-1510 of e-pos na elrinavh@suidwes.co.za). Dui asb duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.