Header

Tegniese Bestuurder

VKB LANDBOU BEPERK is ’n dinamiese landboumaatskappy in die hoë potensiaal landbougebied van die Noordoos-Vrystaat. Die organisasie is ’n stabiele onderneming met ’n professionele bestuursbenadering, wat streef na ’n gesonde en moderne onderneming wat landbou in die streek ondersteun.

Ten einde uitmuntende diens aan lede te lewer, word die dienste van die volgende tegniese persoon tans benodig:

Tegniese Bestuurder

Funksies:
• Verskaf ‘n tegniese advies-/ondersteuningsdiens aan verskeie afdelings en klante
• Handhaaf veiligheidstandaarde in die werkswinkel
• Lei personeel op.

Vereistes:
• Case en New Holland produktespesialis
• Vaardigheid in die hantering van “Electronic Service Tool” EST
• Kennis van eiseprosedure by Case en New Holland
• Goeie kommunikasievaardighede wat kliëntetevredenheid sal waarborg
• Kennis van begrotings -en kontrolestelsels.

Kontak Nico van der Walt vir telefoniese navrae by 082 494 8907.
Verkorte CVs kan vir bogenoemde pos gestuur word na lvanrensburg@vkb.co.za
Alternatiewelik kan dit gefaks word na 086 519 3435.

Sluitingsdatum: 13 Februarie 2012

Indien u binne 1 maand na die sluiting van die advertensie geen korrespondensie ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.