Header

Rekenmeester/Adminbestuurder


VKB Landbou (Edms) Bpk is 'n dinamiese landboumaatskappy in die hoe-potensiaal landbougebied van die Noordoos-Vrystaat, met belange in NTK Limpopo.
Die organisasie benodig die dienste van 'n kundige persoon om die onderneming se Nywerhede departement by te staan en te verryk as:
Rekenmeester/Adminbestuurder
VKB Voere
Posfunksies:
'n Ervare persoon word benodig vir:
  • Die opstel en ontleding van maandelikse bestuurstate
  • Die opstel van begrotings
  • Maandafsluitings
  • Produkkoste berekeninge
  • Die volle administrasie van die fabriek
  • Voorraadbeheer
  • Stelselkontroles en prosesse
  • Debiteure- en krediteure-administrasie
  • Risikobestuur
  • Betrokkenheid by stelselontwikkeling, verfyning en implementering.
Posvereistes:
  • 'n BCom-graad met Rekeningkunde
  • Voltooide klerkskap by 'n geakkrediteerde instansie
  • Ondervinding in die veevoerindustrie sal as sterk aanbeveling dien
  • Die vermoe om onafhanklik binne spanverband te funksioneer en verantwoordelikheid te aanvaar
  • Sterk analitiese, syfer- en interpersoonlike vaardighede
  • Goeie rekenaarvaardighede, en vermoe om op 'n gevorderde vlak van Excel te kan funksioneer.
'n Markverwante vergoedingspakket word aangebied en kan volgens persoonlike voorkeur gestruktureer word.
Sluitingsdatum: 17 Januarie 2014 om 12:00
Vir enige navrae, skakel met Markus Mittermaier by (058) 863-8270.
Stuur 'n opsommende CV na e-pos: cv@vkb.co.za of faks na 086 687 3948. Verwys op u aansoek vir watter pos aansoek gedoen word.
Slegs kandidate wat aan die vereistes voldoen sal oorweeg word.